VOOR-DIE-BERG

Voor-Die-Berg Voortrekkerkommando bestaan reeds vanaf 8 Maart 1958 en in 2018 het ons ons 60ste bestaansjaar gevier.

Ons is deel van Oord Bergenbos en ‘n aktiewe en groeiende kommando.

 

VOORTREKKERS

WIE IS DIE VOORTREKKERS?

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in hulle roeping tot diens.

BURGERSKAP, CHRISTENSKAP en AFRIKANERSKAP

WAT DOEN DIE VOORTREKKERS?

Die Voortrekkers is ’n plek waar jeuglede kultuur in die natuur deur avontuur geniet. Waar anders sal kinders vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het, rigting met sterre te vind of sommer net laataand om ’n kampvuur te kuier?

HOEKOM VOORTREKKERS?

Die storie van Die Voortrekkers is een van die Afrikaners se mooiste  kultuurstories wat vir langer as agt dekades geskryf word. Dit is ’n storie van deursettingsvermoë, van toewyding en opoffering. Dit is ’n storie van vrywilligers wat in hulle vrye tyd graadwielboeke en handleidings skryf, geboue en spankamers oprig en kampterreine ontwikkel. Dit is ’n storie van sente omdraai, moue oprol, vasbyt en hard werk. Dit is ’n storie van historiese feeste hou, monumente bou en erfenisse bewaar. Dit is ’n storie van betrokkenheid, praktiese omgee en diensbaarheid in plaaslike gemeenskappe. Die Voortrekkerstorie vertel van innoverende planne, vars denke en hoëfunksieprestasies. Dit is ’n storie van liefde vir ons taal, kultuur, ons kinders, maar bo alles, vir die Here. Ook is dit ’n storie van pret, kameraadskap en avontuur. Dit is ’n storie wat vandag steeds geskryf word. Die Voortrekkerstorie word deur dienende liefde geskryf.

Besoek die Voortrekkers se amptelike webtuiste hier:

HOU KOERS WEBTUISTE

Wat gebeur?

Ons Kalender

Kontak Ons 2022

KOMMANDOLEIER:​

Herman Rudolph 076 527 9616 kommandoleier@voordieberg.co.za

AKL – ADMIN:​

An-Marie Swanepoel 082 940 7768 admin@voordieberg.co.za

AKL – FINANSIES:​

Elzette de Lange 083 307 6261 finansies@voordieberg.co.za

AKL – PD SAKE (Juniors):

Lizanne Aucamp 084 555 1890 pdsnr@voordieberg.co.za

AKL – PD SAKE (Seniors):

Anika Hendry 084 580 5356 jagmiere@gmail.com

AKL – VERKENNERS:​

Gary Hendry 082 565 3752 verkenners@voordieberg.co.za

AKL – BEMARKING:​

Liné Rudolph 072 466 6607 bemarking@voordieberg.co.za

AKL – VOLWASSESAKE:

Craig Brown 082 832 4205 bullet123@vodamail.co.za

AKL – ALGEMEEN:​

Reinette de Koker 082 929 9866 reinette@voordieberg.co.za