Kommandokamp 2020

Beste ouers, offisiere, jeuglede en staatmakers van voor die berg Voortrekker kommando.

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse kommandokamp en almal sien baie uit daarna. Ons kamp by KWAGGASRUS KAMPTEREIN net buite Pretoria op die Brits pad.
Die kamp datum is 16 – 18 Oktober 2020. Die bus sal 14:30 Vrydag middag vanaf die hoofhek (lapa) vertrek na die kampterrein en weer 12:00 Sondag middag terug wees by dieselfde hek.
Die kampgeld is ingesluit by die ledegelde vir 2020 dus is daar geen ekstra kostes ten opsite van die kamp nie, maak net asb seker dat die ledegelde op datum is einde September 2020.
Daar is heerlike aktiwiteite wat aangebied gaan word op die kamp en is definitief ‘n kamp wat jy nie wil mis nie.

Saambringlysie vir Jeuglede:

  • Gesigmasker
  • Handsaniteerder
  • Slaapsak & Kussing
  • Warm klere vir aande
  • Somers klere vir dae
  • Badkamersakkie
  • Swemklere
  • Handoek x 2
  • Tekkies
  • Plakkies
  • Bordesak (bord, papbakkie, beker, mes, vurk, lepel, skottelgoedseep en afdrooglap)
  • Flits
  • Medisyne gemerk en in ‘n aparte roomysbak met instruksies.
  • Sonbrandroom, muskiet afweermiddel
  • Formele Voortrekker drag

Merk asb jou klere en items!

Baie dankie vir jou inskrywing.
Groete
Marissa Botha

Let wel: Inskrywings sluit 9 Oktober sodat ons genoeg tyd het vir die kos,  kamp en bus reelings.

Reglemente verklaring en Covid-19 vrywaring