PD BOEMELAARSAAND

Beste Offisiere, Ouers en Jeuglede

Kom kuier en speel saam met die Voortrekkers. Bring jou boks en kom slaap op die skoolstoep soos ‘n Voortrekkerboemelaar.
Ander nie-Voortrekker maats word genooi om saam met die Vories te kom pret hê.
Elke kind wat kom moet asb vooraf apart aanlyn ingeskryf word deur ‘n ouer of voog. 
Skryf nou in en sorg dat jy dit nie misloop nie!

Wanneer: Saterdag 26 Februarie 2022 vanaf 17h00 tot Sondagoggend 06h00 – 07h00
Waar: Laerskool Wonderboom (Netbalbaan)
Wie: Alle PDs en Wonnies wat belangstel om te sien waaroor Vories gaan
Kostes: R50 inbetaalbaar in Komando rekening (asb geen kontant die aand)
Toegang: Wetwipes of Purity of Doeke (grootte 3, 4, +4 en 5) ter ondersteuning van Rock of Joy

Reëlings:

Ouers kan vanaf 6:00 Sondag 27 Feb kom help bokse ontruim en asb sorg dat sy kind se boks op die vragmotor kom vir herwinning sodat almal 7:00 die terrein skoon en opgeruim kan verlaat. 

Lede en nie-lede moet vooraf inskryf deur middel van die skakel wat voorsien word.
R50 kan vooraf per EFT betaal word.
Bankbesonderhede: Die Voortrekkers: Voor-die-Berg kommando
ABSA |Rek no: 509 411 24 | Verwysing: jou naam/gr/boemel

Benodigheidslys:

  • Bring bokse, “ducktape” of tou om bokse aanmekaar te kry
  • Flits
  • Warm klere
  • Beddegoed
  • Papierbord & beker 

Ons sien uit om al die Vories en nie-Voortrekker maats daar te hê!

Voriegroete

VOOR-DIE-BERG VOORTREKKERS

Kontak 0845551890 / 0765279616 vir navrae.

%d bloggers like this: