Kommandokamp 2019

Beste ouers, offisiere, jeuglede en staatmakers van voor die berg Voortrekker kommando. Dit is weer tyd vir ons jaarlikse kommandokamp en almal sien baie uit daarna. Ons kamp by Kwaggasrus kampterein net buite Pretoria op die Brits pad.
Die kamp datum is 11 – 13 Oktober 2019. Die bus sal 3 uur Vrydag middag vanaf die hoofhek (lapa) vertrek na die kampterrein en weer 12 uur Sondag middag terug wees by dieselfde hek.
Die kampgeld is ingesluit by die ledegelde vir 2019 dus is daar geen ekstra kostes ten opsite van die kamp nie, maak net asb seker dat die ledegelde op datum is einde September 2019.
Daar is heerlike aktiwiteite wat aangebied gaan word op die kamp en is definitief ‘n kamp wat jy nie wil mis nie.

Saambringlysie vir Jeuglede:

  • Slaapsak & Kussing
  • Warm klere vir aande
  • Somers klere vir dae
  • Badkamersakkie
  • Swemklere
  • Handoek x 2
  • Tekkies
  • Plakkies
  • Bordesak (bord, papbakkie, beker, mes, vurk, lepel)
  • Flits
  • Medisyne gemerk en in ‘n aparte roomysbak met instruksies.
  • Sonbrandroom

Merk asb jou klere en items!

Baie dankie vir jou inskrywing.
Groete
Marissa Botha

Let wel: Inskrywings sluit stiptelik 30 September sodat ons genoeg tyd het vir die kos,  kamp en bus reelings.

 

Karnaval/Speletjiesaand 2019

Vrydag 7 Junie 2019
Laerskool Wonderboom rugbyveld
16:00 – 22:00

Kom geniet ʼn aand van pret speletjies, lekker kos en saam kuier.

Speletjies soos:
klimmuur • veerpyltjies • frisby gooi • boeresport • kettie skiet • reuse jenga • spookhuis • kussinggeveg • tombolawiel • skatkaart • albaster doolhof • ringe gooi • bootjie resies • vissies vang en meer…

Lekker kos soos:
kerrie & rys • pannekoek • jaffles • slap chips • ribburgers • lekkergoed • koeldrank • koffie en tee

Kos en kaartjies kan verder aangekoop word by die karnaval.

Boogskiet vir Verkenners

Liewe Verkenner 😊

Voor-die-Berg bied met trots aan:    Ons eie Boogskiet spesialisasie!!

Datum:                       

26-27 September 2020

Aankoms: Saterdag 8:30
Pin Drop sal verskaf word
Vertrek: Sondag 12:00

Koste:                         

R300 per spanlid vir die naweek vir Boogskiet betaalbaar in rek hieronder en R 100 vir kos moet asb in Lientjie se rekening inbetaal word.
Betaalbaar teen Dinsdag 22 September in Deirdre se bankrekening
D de Lange
Absa (632005)
Spaar Rek no: 9121789663
Gebruik verwysing asb: Jou naam en stuur asb bewys na 082 871 3234

Lientjie Grobler

L Grobler
Absa (632005)
Tjek Rek no: 4046964814

 Sluitingsdatum:       

Inskrywings en betalings teen Dinsdag 22 September 2020

Vervoer:                    

Spanne is verantwoordelik vir eie vervoer.

Inskrywings:                      

Vul asseblief onderstaande inskrywingsvorm in voor Dinsdag 22 September

inpaklys:                      

  • Slaapklere
  • Slaapsak, matrassie, strecher en kussing
  • Tabard
  • Sonblok
  • Hoed
  • Waterbottel
  • Bordesak
  • Warmklere
  • Eie snacks vir peusel tussenin
  • Swemklere en handdoek
  • Tekkies / toe skoene
  • Stoele
  • Voltooide vrywaringsvorm (sal per epos uitgestuur word)

Boogskiet vir Verkenners Inskrywingsvorm

 

Verification

Verkenner Afskopkamp 2019

Dis 2019 … die Verkenners is reg om af te skop!!

Hierdie jaar gaan Transmagalies en Pretoria-Moot Oorde sommer saam afskop – wees deel van die pret!!

WANNEER:
Saterdag 2 Februarie vanaf 09:00 tot Sondag 3 Februarie om 11:00

WAAR:
Baja Dam Oord by Bronkhorstspruitdam op die Delmas pad, op die R42

KOSTES:
Die volgende verblyfkostes word met aankoms by Bajadam se kantoor betaal:
Saterdag dagtarief – R40 per kind / R50 per volwassene
Naweektarief – R80 per kind / R120 per volwassene
Voertuig – R20 / Bote – R80

VERVOER:
Elke span is verantwoordelik vir sy eie vervoer

ETES:
Die etes word as volg ingedeel:
Drinkgoed – Graad 8
Versnapperings – Graad 9
Saterdagmiddag – Graad 10
Saterdagaand – Graad 11
Sondagoggend – Graad 12

Elke graadgroep moet saam reëlings tref vir die betrokke ete. Hulle is self verantwoordelik vir die aankope en maak daarvan. Daar is geen voorskrifte nie, kom net met oulike en kreatiewe idees en natuurlik lekker, eetbare kos vorendag. Kostes kan so laag as moontlik gehou word, solank daar net genoeg kos is.

VERBLYF:
Daar sal een groot weermagtent opgeslaan word, verder word daar onder die sterre geslaap op die oewer van die dam.

BRING SAAM:

  • Slaapsak + kussing + matrassie/klein grondseiltjie
  • Sonbrandroom en hoed!!!
  • Swemklere + handdoek
  • Flits
  • Spandrag
  • Bordesak
  • Badkamersakkie
  • Warm baadjie vir die aand
  • Plakkies / Waterskoene
  • Sakgeld vir snoepie
  • Opvoustoel
  • Kos en benodighede vir kosmaak

Vul die onderstaande vorm in om jou plek op die Afskopkamp te verseker:

Inskrywings is gesluit
(kontak Reinette vir verdere navrae – 082 9299 866
 

 

Renostermaan Spankamp 2018

 Liewe Renosters en Ouers,

Die jaar het verbygesnel en ek kan nie glo ons kry nou eers kans vir ons eerste spankamp nie!!
Ons sien al so lank uit na dié een, ek glo dit gaan ‘n onvergeetlike naweek wees! 😊

Datum:                       

21 – 23 September 2018

Koste:                         

R450 per spanlid vir die naweek
Betaalbaar teen Vrydag 14 September in die Kommando se bankrekening
Voor-die-Berg Kommando
Absa (632005)
Tjek Rek no: 509 411 24
Gebruik verwysing asb: Reno-S/kamp + jou van

R200 bydrae vir kos
In kontant aan offisier betaalbaar teen Maandag 17 September

 Sluitingsdatum:        

Inskrywings en betalings teen 14 September 2018

Vervoer:                    

Alle spanlede ry saam met die volwassenes wat die kamp gaan meemaak.      

Vertrek:  Vrydag 21 September 2018 direk na skool vanaf Tannie Reinette se huis.
Arriveer:  Sondag 23 September 2018 om 18h00 by HS Overkruin

Terrein:                     

Wildsplaas te Vivo
(Die naam van die plaas word nie bekend gemaak nie, ter beskerming van die Renosters…)

Verblyf:                      

Almal slaap in tente met beddens wat deur die plaas voorsien word.

Inskrywings:                      

Vul asseblief onderstaande inskrywingsvorm in voor Vrydag 14 September. Die inpaklys sal per e-pos aan almal gestuur word wat inskryf.

Renostermaan Spankamp Inskrywing

 

Verification

VAN DAGBESTUUR SE TAFEL – Julie 2018

9 Julie 2018
VAN DAGBESTUUR SE TAFEL

Beste lede en ouers van Voor die Berg Voortrekker kommando. Dis moeilik om te glo dat ons reeds in die 3de kwartaal van 2018 staan. Ek wil begin om vir  almal baie hartlik terug te verwelkom na die Junie/Julie vakansie. Baie van ons jeuglede en offisiere het gaan kamp by ondermeer Seejol, Swartvlei en OPD. Dit het goed gegaan op al die kampe en almal is veilig terug by die huis.

Graag wil ek met julle die program vir ons 3de kwartaal deel. Nie minder as 9 GGA’s word hierdie kwartaal in Transvaal aangebied. Soos gewoonlik sal die offisiere ouers in kennis stel van watter GGA’s die span gaan bywoon.

20 – 27/7 Oord Panorama – Pietersburg
27 – 28/7 Oord Hartbeespoort – Hartbeespoort
3 – 5/8 Garsvallei & Belfast
17 – 19/8 Totius – Potchefstroom
Impala – Kempton Park
24 -26/8 Wapadrand
Goudrand – Randburg
15/9 Rietvallei – fietsry

In die kwartaal, 7 – 9 September, gaan ons Gr 7 jeuglede ook die baie belangrike Voorslag toets kamp bywoon. By voorbaat wil ons elke Gr7 jeuglid baie sterkte toewens, ons is reeds trots op julle en weet dat julle suksesvol sal wees. Baie sterkte ook aan hulle 2 offisiere Anika Hendry en Madelyn Burger-Smit. Voorslag oorhandiging sal 27 September plaasvind tyd en plek sal later deur gegee word.

Die hoogte punt van die 3de kwartaal is die kommando kamp. Hierdie jaar is die eerste jaar wat die verkenners hulle eie kommando kamp gaan hê en die Penkoppe en Drawwertjies hulle eie kommando kamp. Die onderskeie kampe beloof om groot pret te wees vir almal.

Ons verkenners gaan Kinderstrand te Glenmore en die Penkoppe en Drawwertjies gaan by Mighty Apies in Pretoria kamp. Die inskrywings vir ons kommando kampe is reeds op die web blad van Voor die Berg gelaai. Almal moet asb gaan inskryf vir die 60jaar fees kommando kamp voor 31 Julie. Vir die verkenners is daar ‘n ekstra koste van R450.00 om die busgeld te betaal. Vir die PD’s is daar geen ekstra koste nie. Ouers is welkom om hierdie jaar saam met ons te gaan kamp by Mighty Apies vir R750 per persoon alles ingesluit. Die inskrywings is ook reeds beskikbaar op ons webblad. Meer inligting is beskikbaar by die spanoffisier of kontak my direk.

Daar word ook verskeie kampe in die September vakansie aangebied vir die wat nog ‘n laaste kamp wil inwerk voor die eksamens in November begin.

28/9 – 2/10 Venterskroon PD Kamp
29/9 – 6/10 Wilgerdraai PD kamp
29/9 – 6/10 Nakuphi Verkenner kamp

Ek wens almal in die kommando ‘n feestelike kwartaal toe met groot suksesse.

Gaan uit en gaan blom daar waar jy geplant is.

Kwartaal groete

Marissa Botha

Verkenner Feeskamp

Kommando Verkennerkamp 2018
“Want Verkenners is Vir-kinners …”

 

Geagte Verkenners en Ouers,

2018 is ‘n groot jaar vir Voor-die-Berg se Voortrekkers want ons is hierdie jaar 60 jaar oud!! Omdat dit so ‘n spesiale jaar is, het ons die haas uit die hoed gehaal en vir ons Verkenners hulle eie Verkennerkamp gereël.
Voorwaar ‘n eerste, maar hopelik nie die laaste van sy soort nie.
Vriende van die Voortrekkers is welkom om in te skryf –
gryp dus jou vriend en bring hom saam!!
Ons gaan een groot makietie hou op Kinderstrand!!
Want Verkenners is mos ‘n kinners … 😊

Datum:                       

8 – 12 Augustus 2018

Koste:                         

Geregistreerde jeuglede se kampgeld is ingesluit by die ledegeld.
R1150 van jou ledegeld moet betaal wees teen 31 Julie 2018 om te mag kamp
’n Addisionele R450 word gevra om busgeld en die aktiwiteite op die kamp te dek.
Nie-geregistreerde volwassenes en jeug se kampgeld: R1430 pp
Alle gelde word inbetaal in die kommando rekening.

 Sluitingsdatum:        

Inskrywings teen 30 Junie 2018
Betalings teen 31 Julie 2018

Vervoer:                    

Alle Verkenners ry saam met die bus.
Volwassenes kan met bus of eie vervoer, afhangend van plek in busse.

Busreëlings:               

Vertrek:  Woensdag 8 Augustus 2018 om 16h00 vanaf HS Overkruin
Arriveer:  Sondag 12 Augustus 2018 om 12h00 by HS Overkruin

Terrein:                     

Kinderstrand, Glenmore

Verblyf:                      

Almal slaap in groot slaaplokale

Verkenner Feeskamp

 

Verification

60 Jaar Karnaval (Speletjiesaand)

Voor-die-Berg Voortrekker Kommando nooi jou uit na ons
60 JAAR FEESVIERING KARNAVAL.

Bring jou vriende en kom kuier saam met ons!

Wanneer:  1 Junie 2018
Waar:  Laerskool wonderboom
Tyd:  16:00 – 22:00

Speletjies • Spookhuis • Kussing geveg • ‘Laserquest’  • Musiek
Tombola Wiel • 
Lekkergoed tafel • Gesigverf  •  Boeresport  • Jukskei
Sandkuns en ander kreatiewe aktiwiteite  •  Lyn dans (19:00-21:00)
Voriemôl en baie ander stalletjies  •
Braaivleis • Rib burgers
Kerrie en rys • Nagereg • Die Koffiepot Koeldrank

DANS:

Die “Rodeo Line Dancers” kom wys en leer ons hoe lyndanse gedoen word van 19:00 – 21:00. Kom dans saam met ons!

VERKOPE STALLETJIES:

Voor-die-Berg Voortrekker Kommando is opsoek na uitstallers wat interessante  tuisgemaakte produkte wil verkoop op ons spelletjiesaand. As U belangstel, stuur asb U naam en ’n foto van U produk na 082 451 5582 en ons sal U kontak met al die besonderhede.

AANLYN KOS BESTELLING:

GEEN MEER BESTELLINGS NIE …. maar bring gerus jou kontant na die Speletjieaand toe want daar sal ekstra porsies wees. (-:

Daar sal tafels wees om by te eet of anders, bring gerus jou opvoustoel om saam met ons te kuier terwyl die kinders speel.

Daar sal ook water, koeldrank, koffie, tee, warm sjokolade, mini dougnuts en ander lekkergoed verkoop word op die dag.

Verkennerbal – “A night in Venice”

Verkenner …

Jou teenwoordigheid word aangevra
vir ‘n feestelike aand van intrige, misterie en fantasie …
… ‘n nag in Venisië …

Saterdag 5 Mei 2018

17:30 – Foto sessie in die tuin
18:30 – Hors d’oeuvres bedien
19:30 – Hoofmaal word bedien
20:00 – Dans en nagereg bedien
22:30 – Einde van verrigtinge

Plek: Johnson Country Estate
Waaierpalmstraat 96, Magalieskruin

Toegang is R250 per persoon

Elke Verkenner moet ‘n metgesel saambring
Voortrekker-vriende is welkom
Drinkgoed word voorsien, kontantkroeg ook beskikbaar
Geen alkohol sal bedien of verkoop word nie

Betalings vooraf in die volgende bankrekening :

Rekeningbesonderhede
Naam:  Die Voortrekkers:  Voor-die-Berg kommando
Bank:  ABSA (632005)
Tjek Rek no: 509 411 24
Verwysing: Bal & Jou Naam en van

Alle inskrywings geskied elektronies op die onderstaande vorm
Sluitingsdatum is Woensdag 2 Mei 2018
Navrae kan gerig word aan reinette@voordieberg.co.za

Verkenner se inligting

  • Vul asb die onderstaande vorm in om te registreer vir die Verkennerbal.
 

Verification

Die Papegaaie hou Spankamp!!

Kom leer meer oor die mooi voëls en insekte van ons land
en verwerf jou Dierekennis Spesialisasie op hierdie spankamp.

Wanneer: Saterdag 21 April 2018 om 10:00
tot Sondag 22 April 2018 om 09:00
Waar: Bundu Bashing, Boschkop, Pretoria-Oos
Koste: R190 per kind (kos ingesluit)
R100 per ouer (kos uitgesluit)
Sluitingsdatum: 15 April 2018

Betaling in kommandorekening met die volgende verwysing:
P*** / DK

Inpaklysie:

Eetgerei
Badsakkie met sonblok en tabbard
Hoed, swemklere, handdoek
Plakkies, tekkies/stapskoene
Stel droë klere
Warmbaadjie, sweetpak en mussie
Matras, slaapsak, kussing en kombers
Pakkie koekies/beskuit (jou keuse)
(Sit dit asb op tafel sodra julle kids aflaai … gaan in span geniet word)
Rol toiletpapier vir eie gebruik
2 liter drinkwater en waterbottel as ons gaan stap
Stoel
Pennesakkie
Verkyker
Voëlboek (as jy een het)
Net (Newlands het nette vir R10)
Klein glasbotteltjie met deksel
Vergrootglas

Spanlid se inligting

  • Vul asb die vorm in as jy graag die lekker spankamp wil bywoon:
 

Verification