Kommandokamp 2021

Beste ouers, offisiere, jeuglede en staatmakers van voor die berg Voortrekker kommando.

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse kommandokamp en almal sien baie uit daarna. Ons kamp by WARTHOG INN KAMPTEREIN  omtrent 35km van Pretoria-Noord, in die hartjie van die bosveld.
Die kamp datum is 29 – 31 Oktober 2021. Die bus sal 14:30 Vrydag middag vanaf die hoofhek (lapa) vertrek na die kampterrein en weer 13:30 Sondag middag terug wees by dieselfde hek.
Die kampgeld is R660 per kind en moet asb voor 15 Oktober inbetaal wees sodat ons genoeg tyd het vir die kos, kamp en bus reelings. Gebruik asb U kind se lidnommer soos altyd vir die verwysing.
Daar is heerlike aktiwiteite wat aangebied gaan word op die kamp en is definitief ‘n kamp wat jy nie wil mis nie.
Serfverdediging vir Gr8 – Volwassenes beloop R100 ekstra vir die wat belangstel.

Saambringlysie vir Jeuglede:

  • Gesigmasker
  • Handsaniteerder
  • Slaapsak & Kussing
  • Warm klere vir aande
  • Somers klere vir dae
  • Badkamersakkie
  • Swemklere
  • Handoek x 2
  • Tekkies
  • Plakkies
  • Bordesak (bord, papbakkie, beker, mes, vurk, lepel, skottelgoedseep en afdrooglap)
  • Flits
  • Medisyne gemerk en in ‘n aparte roomysbak met instruksies.
  • Sonbrandroom, muskiet afweermiddel
  • Formele Voortrekker drag

Merk asb jou klere en items!

Baie dankie vir jou inskrywing.
Groete
Marissa Botha

Let wel:  Inskrywings sluit Vrydag 3 September en gelde moet asb voor 15 Oktober inbetaal wees sodat ons genoeg tyd het vir die kos,  kamp en bus reelings.

Reglemente verklaring en Covid-19 vrywaring

 

 

Kommandokamp 2020

Beste ouers, offisiere, jeuglede en staatmakers van voor die berg Voortrekker kommando.

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse kommandokamp en almal sien baie uit daarna. Ons kamp by KWAGGASRUS KAMPTEREIN net buite Pretoria op die Brits pad.
Die kamp datum is 16 – 18 Oktober 2020. Die bus sal 14:30 Vrydag middag vanaf die hoofhek (lapa) vertrek na die kampterrein en weer 12:00 Sondag middag terug wees by dieselfde hek.
Die kampgeld is ingesluit by die ledegelde vir 2020 dus is daar geen ekstra kostes ten opsite van die kamp nie, maak net asb seker dat die ledegelde op datum is einde September 2020.
Daar is heerlike aktiwiteite wat aangebied gaan word op die kamp en is definitief ‘n kamp wat jy nie wil mis nie.

Saambringlysie vir Jeuglede:

  • Gesigmasker
  • Handsaniteerder
  • Slaapsak & Kussing
  • Warm klere vir aande
  • Somers klere vir dae
  • Badkamersakkie
  • Swemklere
  • Handoek x 2
  • Tekkies
  • Plakkies
  • Bordesak (bord, papbakkie, beker, mes, vurk, lepel, skottelgoedseep en afdrooglap)
  • Flits
  • Medisyne gemerk en in ‘n aparte roomysbak met instruksies.
  • Sonbrandroom, muskiet afweermiddel
  • Formele Voortrekker drag

Merk asb jou klere en items!

Baie dankie vir jou inskrywing.
Groete
Marissa Botha

Let wel: Inskrywings sluit 9 Oktober sodat ons genoeg tyd het vir die kos,  kamp en bus reelings.

Reglemente verklaring en Covid-19 vrywaring

Afskopkamp2020

Dis 2020 … die Verkenners is reg om af te skop!!

Voor-die-Berg nooi alle Verkenners in ons nuwe “Gebied” ook uit om deel te wees van die pret!!

WANNEER:
Saterdag 8 Februarie vanaf 10:00 tot Sondag 9 Februarie om 10:00

WAAR:
Tussen-i-Bome
Neem die Moloto pad, ry +/- 26 km, draai links op die Hammanskraal grondpad.
Tussen-i-Bome is na 1,8km aan die linkerkant.

KOSTES:
R100 per persoon vir die naweek
Alle gelde word vooraf in Voor-die-Berg se rekening inbetaal
Naam: Die Voortrekkers: Voor-die-Berg kommando
Bank: ABSA (632005)
Tjek Rek no: 509 411 24
Verwysing: Afskop + jou kind se naam

VERVOER:
Elke span is verantwoordelik vir sy eie vervoer

ETES:
Slegs aandete en ontbyt word voorsien, bring asb ligte middagete saam as jy vroeg daar is, eie versnapperings, water of koeldrank is welkom.
Graad 11 – Vuurmaak vir braai (kinders bring eie vleis)
Graad 10 – Pap en sous
Graad 9 – Eiers vir Ontbyt
Graad 8 – Worsies en Buns
Offisiere – Koffie en koeldrank

VERBLYF:
Bring jou eie hangmat (gekoop of tuisgemaak)
Gaan google “How to make a hammock”
Ons gaan lekker “Tussen-i-bome” slaap
Daar is ‘n saal ingeval dit reën
Jy kan ‘n ekstra tou saambring en ‘n seiltjie bo-oor jou hangmat ook span

BRING SAAM:

  • Hangmat + Slaapsak + kussing + klein grondseiltjie (as jy wil)
  • Sonbrandroom en hoed
  • Swemklere + handdoek
  • Flits
  • Spandrag
  • Bordesak
  • Badkamersakkie
  • Warm baadjie vir die aand
  • Opvoustoel (opsioneel)
  • Kos en benodighede vir kosmaak (soos gereël)

Vul die onderstaande vorm in om jou plek op die Afskopkamp te verseker.
Ander kommandos moet ten minste 1 offisier saam met sy Verkenners stuur.

Inskrywings het gesluit
(kontak Reinette vir verdere navrae – 082 9299 866)

 

Verkenner T-hemp bestelling

Bestel julle hempies hier…
R100 per hemp. Betaal asb in kommandorekening met verwysing vhemp-naam.
Ontwerp opsies:

Verkenner hempie bestelling

 

Verification

L/S Wonderboom Nuusbrief dd 18 April 2019

Voor-die-Berg kommando het ons eie “Horse whisperer”! Tannie Lientjie Grobler bied met trots die spesialisasie, naamlik “Ruiterkuns”, aan by die Golden Trot perdryskool. Die GR 6 seuns en dogters het by Tannie Lientjie geleer van verskillende soorte perde, wat hulle eet, perde siektes en hoe om hulle te versorg! Selfone en tegnologie was vergete, want hierdie seuns en dogters het selfs stalle skoongemaak! Hulle is darem ook vergoed vir hul harde werk, hul het ook lekker perd gery.

L/S Wonderboom 26 Februarie 2019

Sytze Wierda se gebiedsnaweek was vol pret en plesier vir die GR2 dogters (Mossies), seuns (Visarende) asook die GR5 seuns (Ratels)! Die GR2s het die knope spesialisasie (touwerk) gedoen. Die GR5s het die boeresport (speletjies) spesialisasie gedoen.

Het jy geweet dat die antieke Egiptenare seker die eerste beskawing was om gereedskap te ontwerp om tou te maak (3500-4000 BC)! Touwerk is nie net interessant nie, maar ook baie pret. Knope word daagliks gebruik, sommige knope word so baie gemaak dat ʼn mens nie eens dink dat dit ʼn knoop is nie (Jaco Erwee, Brandkop Voortrekkers)! Die Mossies en Visarende het vyf knope geleer (bv. Kettingsteek, kniehalter, skuifknoop, voorslagknoop en opwenspoelknoop).

Die Ratels het die skatkis van boeresporte ontdek. Leer uit die verlede en bou die toekoms daarop! In die proses het hul geleer om leiding te neem vir ’n speletjie asook om die speletjie aan te bied. Die speletjies het ’n geleentheid gebied om hulself te ontdek, te wees en te geniet! As span het die Ratels deelgeneem as ’n span deur te leer om mekaar te respekteer en vertroue te bou tussen mekaar asook met ander maats van ander kommandos.

L/S Wonderboom 12 Maart 2019

Suiderkruiskommando se gebiedsnaweek te Laerskool Skuilkrans was vol pret en plesier vir die GR2 dogters (Mossies) en seuns (Visarende) asook die GR6 dogters (Dolfyne)! Een van die Mossies se woorde na die dierewaarneming spesialisasie was: “Mamma, ek wil ’n slang hê vir Kersfees!” Na aanleiding van die gedenkwaardighede spesialisasie, kan die Dolfyne aan elke maat verduidelik waar die Taalmonument en die Voortrekkermonument is (net om ’n paar gedenkwaardige monumente op te noem). Om meer te leer van ons natuur en kultuur is slegs ’n gedeelte van Voortrekker wees!

Wie is die Voortrekkers? Die Voortrekkers leef Afrikanerskap, burgerskap en Christenskap (“ABC”) uit as ’n kultuurbeweging. Die fokus is daarop om die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, te bemagtig as positiewe Burgers asook konsekwente Christene om suksesvol te wees in hulle roeping tot diens (sien  https://voortrekkers.co.za/)!

Ons GR1 seuns (Krokodille) en dogters (Klipspringers) het reeds hul eerste spankamp agter die rug! Spanbou en samewerking is belangrike elemente wat ons leer van hoe om ’n goeie burger in en van Suid-Afrika te wees. Dus, hier het die Krokodille en Klipspringers meer geleer van die spesialisasie, wat geroep word, naamlik “Kind van Jesus”. Welgedaan maats, nou is jul volwaardige Voortrekkers! Die GR3 seuns (Wildehonde) en dogters (Pikkewyne), óf alias die “Wildewyne”, leer van jongs af van hoe om ’n kok te wees. Alhoewel, die “Wildewyne” stokbrood moes bak op ’n vuurtjie en tafels rangskik, is dit die beginpunt van entrepreneurskap!

L/S Wonderboom 12 Februarie 2019

Ons het saam met die kelners gewerk. Elkeen is aan ‘n kelner toegeken om bestellings te neem om te drink en eet. Ons het pappa, mamma, boetie en sussie vir die aand bedien. Sjoe, die Ooms en Tannies by die Spur werk darem baie hard vir bitter min! Ons bedank graag die bestuurspan van Spur vir hul geduldig om ons te wys hoe om ‘n kelner/kelnerin te wees. Dankie aan elke Mamma en Pappa wat die aand met ons gedeel het en jul geduld. Die hoogte punt van die aand was toe Chopper Cop en tannie Colleen Strauss ons ‘n donasie gegee het vir ons harde werk! Dankie Oom Chopper Cop en tannie Colleen!