L/S Wonderboom 02 April 2019

Die Voor-die-Berg Vories het gedurende die Maart skoolvakansie verskeie kampe bygewoon, naamlik, die Sentraal Penkoppe en Drawwertjie Waterwerkkamp (SPDW), Jakaranda en Hoëveld gebiedskampe. Verskeie offisiere het gehelp met die aanbied van kursusse wat insluit sterrekunde, beeldende kunste, spyseniering, touwerk, handwerk, noodhulp, spele, veldkook, spoorkennis en plante kennis. By die Jakaranda kamp het penkoppe en drawwertjies spesialisasies deurloop wat insluit plantwaarneming, noodhulp, erfgrond, kind van Jesus, spoorsny en beeldende kunste. By die Hoëveld kamp is spesialisasies in spele, veldkook en spoorkennis aangebied. By die SPDW kamp is roeikuns, varswater dierekennis, en erfgrond gedoen. In die spesialisasie erfgrond, het penkoppe en drawwertjies geleer om voëls te ring vir bewaringsprojek. Plase is besoek om te leer oor boerdery, asook ’n vendusie. Dan van die oudste kerke is besoek in Suid-Afrika, waar President Steyn die hoeksteen gelê het. Almal het die kampe terdeë geniet! Ons hoop om meer kinders hierdie geleenthede te gee en hoop dat sommer baie nuwe lede gaan aansluit by die Voortrekkers!

Tall Trees Tiener Toets en Verslag Terugvoer

Baie dankie vir U hulp en terugvoer oor die toets.
Vul asb die onderstaande vraelys so volledig moontlik in sodat ons vir Tall Trees goeie terugvoer kan gee oor ons ervarings. Dit sal nie langer as 5 minute neem nie.

Indien U nog informasie nodig het of self ‘n ouerskap profiel wil doen
besoek gerus hul webwerf
www.talltreestraining.com
of  www.evergreenparenting.co.za 
of kontak vir Nanette by training@evergreenparenting.co.za

Tiener Profiel terugvoer

 

Verification

Tall Trees Toets en Verslag Terugvoer

Baie dankie vir U hulp en terugvoer oor die toets.
Vul asb die onderstaande vraelys so volledig moontlik in sodat ons vir Tall Trees goeie terugvoer kan gee oor ons ervarings. Dit sal nie langer as 5 minute neem nie.

Indien U nog informasie nodig het of self ‘n ouerskap profiel wil doen
besoek gerus hul webwerf
www.talltreestraining.com
of  www.evergreenparenting.co.za 
of kontak vir Nanette by training@evergreenparenting.co.za

Kinder Profiel terugvoer

 

Verification

Voorslag 2018

Ons is baie trots op die gr7 Voortrekkers wat hul Voorslag toets naweek die 8ste -10 September voltooi het. Oor die naweek was hulle intensief getoets op verskillende vaardighede wat in hul laerskool vorieloopbaan vasgelê word bv hantering van situasies, rigtingbepaling, spoorsny, fluitseine, aanbieding van speletjies, afrikaner geskiedenis, voortrekker wees, sang, seremonies en vele meer.

Baie geluk Jagluiperds en Miere met julle puik voorslag uitslae: 9 Goud en 1 brons!!

Dit is ‘n besonderse prestasie maar bowenal is ons trots op jul ontwikkeling as Voortrekkers die afgelope 7 jaar.
Soos 1 kandidaat gesê het: deur die naweek het sy vasgehou aan die versie “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”.

Julle groei as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene maak ons trots!

Hierdie is maar ‘n trappie op jul vorie loopbaan: Leef die kode en onthou UITHOU AANHOU KOERSHOU!

VAN DAGBESTUUR SE TAFEL – 25 September 2018

Beste ouers en offisiere.

Die jaar vlieg verby en ons by voor die berg kommando is reeds besig om gereed te maak vir die afsluiting van ons feesjaar van 2018. Die kommando kampe was definitief die fees hoogtepunt van die derde kwartaal. Tydens die derde kwartaal het ons Gr7 span die langverwagte voorslag kamp suksesvol gaan bywoon en skitterende uitslae terug gebring. Al die kanidate het die toets geslaag met die hoogste uitslag vir elkeen moontlik. Baie dankie Anika en Madelyn vir julle toewyding van 7 jaar.

Die September vakansie lê voor en die PD’s en verkenners gaan op verskeie waterwerk kampe gedurende die vakansie, veilig ry en geniet die kampe.

In die vierde kwartaal is dit die kommando se afsluiting, 31 Oktober 2018 in laerskool wonderboom se skoolsaal. Tydens die verrigtinge sal die laaste sertifikate en toekennings uitgedeel word aan al die jeuglede en elke span sal ook geleentheid kry om te spog met al die werk wat gedurende die jaar gedoen is. Die kommando kry ook ‘n 60jaar toekenning vanaf die hoofbestuur daardie aand. Die verrigtinge sal duur vanaf 18:00 – 20:30. Parkering sal beskikbaar wees in die straat voor die hoofhek wat ook as toegang sal dien tot die skool. Weens die bou projek by die skool se personeelkamer sal slegs die deure aan die afdak se kant van die saal oop wees vir toegang die deure na die personeel parkering area sal gesluit bly vir die duur van die funksie daardie aand. Voertuig wagte sal gereel word vir die aand.

19 – 20 Oktober is die die verkenners se langverwagte vlotvaart in bronkhorst spruit en kennisgewing hieroor sal binnekort uit gestuur word.

Sterkte aan elke jeuglid en offisier vir die laaste paar maande van 2018, doen jou bes en dra die vrugte van jou boom.

Kommando groete
Marissa Botha

Ovies “Fliek-onder-die-Sterre”

Wanneer laas het jy onder die sterre in die opelug saam met vriende gefliek?

Wel, moenie hierdie geleentheid misloop nie …

Vrydag  27 Julie 2018 om 18:30
Op Hoërskool Overkruin se A-rugbyveld

Bring jou eie kombers en kussing.
Pop-corn en koeldrank word voorsien!
Warm sjokolade en ander peuselhappies sal te koop aangebied word.

Vul asb die onderstaande vorm in om jou plek te bespreek.
Toegang is R60 en moet vooraf in die volgende bankrekening inbetaal word:

Rekening besonderhede
Naam:  Die Voortrekkers:  Voor-die-Berg kommando
Bank:  ABSA (632005)
Tjek Rek no: 509 411 24
Verwysing: Fliek-Jou Naam

iNSKRYWINGS HET NOU GESLUIT
Jy kan steeds vanaand kom en kontant betaal.

Die fliekaand word ten bate van Wollies Diereprojek aangebied deur
Graad 9 VLR en Voor-die-Berg se Voortrekkers

Voor-die-Berg Feeskamp 2018 (Kommandokamp)

Voor-die-Berg Kommando hou ‘n spesiale kommando kamp om ons 60 jaar herdenking te vier.

DATUM: 9-12 Augustus 2018

WAAR: Mighty Apies kampterein (kliek hier om die aanwysings te kry)

KOSTES: R700 pp (etes ingesluit).
Kinders se kampgelde is reeds ingesluit by hul ledegelde (mits dit ten volle betaal is).
Betalings kan gemaak word in die kommando rekening:
Voor-die-Berg Kommando – Absa (632005) – Tjek Rek no: 509 411 24
Gebruik verwysing asb: K/kamp + Van bv. Kk-Smit  of K/kamp Burger

Almal welkom!
Ouers/gesinne kan met eie tent / karavaan of in die Mighty Apies se tente saam kamp. Daar is karavaan fasiliteite beskikbaar op die terrein.

BUSVERVOER: Die bus sal 8 uur Donderdag oggend vanaf die hoofhek (lapa) vertrek na die kampterrein en weer 12 uur sondag middag terug wees by dieselfde hek.

Saambring lysie vir alle jeuglede:

  • Slaapsak + kussing
  • Sonbrandroom en hoed!!!
  • Swemklere + handoek
  • flits
  • Spandrag
  • Aktiewe drag (blou hempie en jean)
  • Bordesak (met bord, beker, mes, vurk ens.)
  • Badkamersakkie + handoek
  • Warm klere vir aande (3 aande)
  • Somers klere vir dae (4 dae)
  • Tekkies + Plakkies
  • Sakgeld vir snoepie

Ouers wat saam kamp bring ook asb:

  • Bordesak (met bord, beker, mes, vurk ens.)
  • Opvoustoel

Ons kan nie wag om saam met julle te kamp nie!

** Inskrywings het gesluit**

 

60 jaar Fees Bekers

Daar is nog van ons 60jaar Feesbekers beskikbaar teen R50 elk.
Bestel hier aanlyn of by jou kind se Offisier.


60 jaar Fees Bekers

 

Verification

Kwaggas en Vlinders Spankamp!!

Kwaggas en Vlinders!!

Dis tyd om te leer hoe om daai stroppe te bou waarmee jy die grooot visse kan uittrek!

Skryf nou in vir die Varswaterhengel en Kamplewe Spankamp

Wanneer: Saterdag 21 April 2018 om 10:00 tot Sondag 22 April 2018 om 09:00
Waar: Bundu Bashing, Boschkop, Pretoria-Oos
Koste: R180 per kind (kos ingesluit)
R100 per ouer (kos uitgesluit)
Sluitingsdatum: 15 April 2018

Betaling in kommandorekening met die volgende verwysing:
V***/K*** en VWH

Inpaklysie:

Eetgerei
Badsakkie met sonblok en tabbard
Hoed, swemklere, handdoek
Plakkies, tekkies
Stel droë klere
Warmbaadjie, sweetpak en mussie
Matras, slaapsak, kussing en inner vir slaapsak
(Kontak Vilet vir oulike patroon)
Visstokke en al jou gereedskap (net as jy het!!)
Ou emmer
Skinkbord
2 Leë Koo blikkies
Pakkie koekies/beskuit (jou keuse)
(Sit dit asb op tafel sodra julle kids aflaai … gaan in span geniet word)
Rol toiletpapier vir eie gebruik
2 liter drinkwater
Stoel
Skêr
Ou handdoek (wat jy gaan gebruik om jou vis mee toe te gooi as jy dit gevang het)

Spanlid se inligting

  • Vul asb die vorm in as jy graag die lekker spankamp wil bywoon:
 

Verification