Fliek onder die sterre

Verkenners!!

Wanneer laas het jy onder die sterre in die opelug saam met vriende gefliek?

Moenie hierdie geleentheid misloop nie …

Bring jou eie kombers, kussings en beker saam.
Pop-corn, koeldrank, warm sjokolade en ander peuselhappies word voorsien!

Waneer:  13 April 2018 18:00 – 22:00

Waar: Kleine Voetspore, Havemanstraat Plot 30 A, Montana (076 770 4427)

Toegang is R60 en moet asb vooraf in die volgende bankrekening inbetaal word:

Rekeningbesonderhede:

Naam:  Die Voortrekkers:  Voor-die-Berg kommando

Bank:  ABSA (632005)

Tjek Rek no: 509 411 24

Verwysing: Fliek-Jou Naam

Verkenner-vriende is welkom om saam te kom en moet ook asb elektronies inskryf en vooraf betaal.

Sluitingsdatum is Woensdag 11 April 2018

Inskrywings het nou gesluit.

 

Waatlemoenfees – 24 Januarie 2018

Kom bou saam met ons gees voor die Vorie jaar amptelik afskop! Ons gaan lekker waatlemoen smul en groot pret hê.

Wanneer:  Woensdag 24 Januarie 2018

Tyd:  16:30 – 18:00

Waar:  Laerskool Wonderboom rugbyveld

Trek asb OU klere aan wat maar mag vuil word en vlek.

Bring gerus ‘n maat saam om saam pret te hê. Dis n wonderlike geleentheid om nuwe spanmaats te werf. Die offisiere sal daar wees as ouers wil vrae vra.

Program vir die middag:

16:30   Aankoms op paviljoen

16:30 – 17:00   Kommandoleier verwelkom jeuglede, stel offisiere en  dagbestuur bekend.  Deel Jeuglede in spanne op en verdaag saam met offisier

17:00 – 17:45   Eet waatlemoen en speel

17:45 – 18:00   Ruim op en verdaag

18:00- 20:00   Kommando bestuurs vergadering in personeelkamer