Plot 602
Loerieweg
Kameeldrif-Oos
Liewe penkop en Drawwertjie 😊
Voor-die-Berg bied met trots aan: Ons eie Ruiterkuns spesialisasie!!
Met ons eie “Horse whisperer” : Tannie Lientjie Grobler
Datum:
12 – 13 April 2019
Aankoms: Vrydag 12 April vanaf 16:00 – kursus begin 17:00
Plot 602, Loerieweg, Kameeldrif-Oos
Vertrek: Saterdag 13 April 06:00 na Golden Trot Perdestalle, Onderstepoort
Afhaaltyd: Saterdag 17:30 by Golden Trot Perdestalle
Koste:
R350 per spanlid vir die naweek
Betaalbaar teen Maandag 8 April in die Kommando se bankrekening
Voor-die-Berg Kommando
Absa (632005)
Tjek Rek no: 509 411 24
Gebruik verwysing asb: jou naam/kommando nommer/perde
Sluitingsdatum:
Inskrywings en betalings teen Maandag 8 April 2019.
Vervoer:
Spanne is verantwoordelik vir eie vervoer. Ons slaap by Tannie Lientjie (maar die wat wil tuis slaap is ook welkom, ons is 22:00 klaar met die aand program).
Inskrywings:
Vul asseblief onderstaande inskrywingsvorm in voor Dinsdag 2 April 2019.
inpaklys:
- Slaapklere
- Slaapsak, dun matrassie en kussing
- Tabard / Sonblok
- Hoed (perdry helms word verskaf as hulle ry)
- Waterbottel
- Bordesak
- Eie snacks vir peusel tussenin
- Eie ontbytpap in ‘n ziplock sakkie vir Saterdag oggend (ons voorsien melk en suiker)
- Swemklere en handdoek
- Tekkies / toe skoene vir perdry!! NB
- Sagte langbroek of ski-pants of mee te ry
- Stoel (opvou)
- Voltooide vrywaringsvorm (sal woensdag beskikbaar wees tydens byeenkoms)