Dis 2020 … die Verkenners is reg om af te skop!!
Voor-die-Berg nooi alle Verkenners in ons nuwe “Gebied” ook uit om deel te wees van die pret!!
WANNEER:
Saterdag 8 Februarie vanaf 10:00 tot Sondag 9 Februarie om 10:00
WAAR:
Tussen-i-bome
Neem die Moloto pad, ry +/- 26 km, draai links op die Hammanskraal grondpad.
Tussen-i-bome is na 1,8km aan die linkerkant.
KOSTES:
R100 per persoon vir die naweek
Alle gelde word vooraf in Voor-die-Berg se rekening inbetaal:
Naam: Die Voortrekkers: Voor-die-Berg kommando
Bank: ABSA (632005)
Tjek Rek no: 509 411 24
Verwysing: Afskop + jou kind se naam
VERVOER:
Elke span is verantwoordelik vir sy eie vervoer
ETES:
Slegs aandete en ontbyt word voorsien, bring asb ligte middagete saam as jy vroeg daar is, eie versnapperings, water of koeldrank is welkom.
Graad 11 – Vuurmaak vir braai (kinders bring eie vleis)
Graad 10 – Pap en sous
Graad 9 – Eiers vir Ontbyt
Graad 8 – Worsies en Buns
Offisiere – Koffie en koeldrank
VERBLYF:
Bring jou eie hangmat (gekoop of tuisgemaak)
Gaan google “How to make a hammock”
Ons gaan lekker “Tussen-i-bome” slaap
Daar is ‘n saal ingeval dit reën
Jy kan ‘n ekstra tou saambring en ‘n seiltjie bo-oor jou hangmat ook span
BRING SAAM:
- Hangmat + Slaapsak + kussing + klein grondseiltjie (as jy wil)
- Sonbrandroom en hoed
- Swemklere + handdoek
- Flits
- Spandrag
- Bordesak
- Badkamersakkie
- Warm baadjie vir die aand
- Opvoustoel
- Kos en benodighede vir kosmaak (soos gereël)
Vul die onderstaande vorm in om jou plek op die Afskopkamp te verseker.
Elke kommando moet ten minste 1 offisier saam met sy Verkenners stuur.
Inskrywings sluit Woensdag 5 Februarie om 12:00
(kontak Reinette vir verdere navrae – 082 9299 866)