Kommandokamp 2021

Beste ouers, offisiere, jeuglede en staatmakers van voor die berg Voortrekker kommando.

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse kommandokamp en almal sien baie uit daarna. Ons kamp by WARTHOG INN KAMPTEREIN  omtrent 35km van Pretoria-Noord, in die hartjie van die bosveld.
Die kamp datum is 29 – 31 Oktober 2021. Die bus sal 14:30 Vrydag middag vanaf die hoofhek (lapa) vertrek na die kampterrein en weer 13:30 Sondag middag terug wees by dieselfde hek.
Die kampgeld is R660 per kind en moet asb voor 15 Oktober inbetaal wees sodat ons genoeg tyd het vir die kos, kamp en bus reelings. Gebruik asb U kind se lidnommer soos altyd vir die verwysing.
Daar is heerlike aktiwiteite wat aangebied gaan word op die kamp en is definitief ‘n kamp wat jy nie wil mis nie.
Serfverdediging vir Gr8 – Volwassenes beloop R100 ekstra vir die wat belangstel.

Saambringlysie vir Jeuglede:

  • Gesigmasker
  • Handsaniteerder
  • Slaapsak & Kussing
  • Warm klere vir aande
  • Somers klere vir dae
  • Badkamersakkie
  • Swemklere
  • Handoek x 2
  • Tekkies
  • Plakkies
  • Bordesak (bord, papbakkie, beker, mes, vurk, lepel, skottelgoedseep en afdrooglap)
  • Flits
  • Medisyne gemerk en in ‘n aparte roomysbak met instruksies.
  • Sonbrandroom, muskiet afweermiddel
  • Formele Voortrekker drag

Merk asb jou klere en items!

Baie dankie vir jou inskrywing.
Groete
Marissa Botha

Let wel:  Inskrywings sluit Vrydag 3 September en gelde moet asb voor 15 Oktober inbetaal wees sodat ons genoeg tyd het vir die kos,  kamp en bus reelings.

Reglemente verklaring en Covid-19 vrywaring