BOEMELAARSAAND

Beste Offisiere, Ouers en Jeuglede

Voor-die-Berg Voortrekkers is reg om af te skop vir 2022 en nooi al ons lede en alle Ovies uit om te kom kuier by die Voortrekkers!

Dit is weer tyd vir baie pret, avontuur, uitdagings, kamaraatskap en heerlike kuier saam ou en nuwe vriende. Hierdie jaar se Boemelaarsaand beloof om ’n wonderlike belewenis te wees.

Skryf nou in en sorg dat jy dit nie misloop nie!

Wanneer: Vrydag 25 Februarie 2022 vanaf 17h00 tot Saterdagoggend 08h00
Waar: Hoërskool Overkruin (LO Saal)
Wie: Alle Verkenners en Ovies wat belangstel om te sien waaroor Vories gaan
Kostes: R40 – Ligte aandete en koffie & beskuit die volgende oggend is ingesluit
Toegang: Wetwipes of Purity of Doeke (grootte 3, 4, +4 en 5) ter ondersteuning van Rock of Joy

Inskrywing is gesluit.

Program:
Vrydagaand
17h00 – Boemelaars begin skuilings bou
18h00 – Opening en spanindeling
19h00 – Aktiwiteite begin
Saterdag
06h00 – Opstaan (as jy geslaap het) met koffie en beskuit
08h00 – Kamp afslaan en ouers kan kinders kom oplaai

Reëlings:
Lede en nie-lede moet vooraf inskryf deur middel van die skakel wat voorsien word.
R40 kan vooraf per EFT betaal word of kontant met aankoms.
Bankbesonderhede: Die Voortrekkers: Voor-die-Berg kommando
ABSA |Rek no: 509 411 24 | Verwysing: jou naam/boemel

Benodigheidslys:

  • Kartonbokse om jou skuiling mee te bou / Seiltjie met ‘n paal (sonder penne)
  • Boemelaarsdrag
  • Warm klere en ‘n mus om mee te slaap
  • Slaapsak, kussing en matrassie
  • Beker vir koffie, lepel, papierborde, bakkie
  • Spieel of silwerbord wat lig kan weerkaats

Ons sien uit om al die jeuglede en Ovies daar te hê!

Voriegroete

VOOR-DIE-BERG VOORTREKKERS

Kontak 0829299866 vir navrae

%d bloggers like this: